Dié nuutgeskrewe, satiriese klug deur Nico Luwes dryf die spot met bestuurslede van 'n nuwe artistieke streeksraad, die Provincial Organisation for Entertainment and Heritage Performances (POEHP). Ter viering van die UV Dramadepartement se sestigste verjaardag speel bekende alumni, personeel en studente van die departement hoofrolle in die stuk waarin nepotisme, bedrog en skelmstreke van bestuur en 'n bruikbare idioot op lagwekkende wyse ontbloot word. Getrou aan Luwes se skryfstyl gaan gehore skaterlag en 'n paar skelms met rooi gesigte huistoe gaan!