DIE RATKAS VAN ‘N KEUSE
Vir die eerste keer in die Kaap! Ná meer as 6 jaar se suksesvolle GESELS-aanbiedinge bring Nataniël hierdie vinnig-groeiende projek uiteindelik na die suide!
Leefstylpraatjie, Saterdag 22 November, Drostdyteater, Stellenbosch Soos elke vorige jaar, het GESELS 2025 ’n unieke tema: “Die Ratkas Van ’n Keuse”. (Op of af? Reg of verkeerd? Links of regs? Eet ek dit of los ek dit? Loop ek of bly ek?). Met die maak van elke keuse is daar ‘n masjien met ’n miljoen ratte wat sy werk moet doen. Van jou ingebore neigings tot jou opvoeding, omgewing, oortuigings, invloede en gesondheid, elkeen speel ’n rol in elke keuse wat gemaak word. Kyk hoe lyk ons wêreld! Die resultaat van keuses! Hoe ver strek die gevolge van ’n vinnige besluit? Is alles dan belangrik? Hoe ontspan ek ooit weer? Hierdie onderskatte daad word van alle kante bekyk met insiggewende, skreeusnaakse en verrassende ontdekkings. Met stories, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, persoonlike oortuiging en alle erns takel Nataniël weereens ’n yslike onderwerp.
Gehoorlede kan vrae vooraf in ’n houer plaas, Nataniël bespreek hierdie kwessies dan vanaf die verhoog, ’n hoogtepunt vir vele! Saterdag 22 November 2025 Drostdyteater, Sellenbosch 15:30 90 minute Geen kinders onder 14 Bespreek NOU! Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse, musiek en kombuisolies in die foyer!