Boek en Koek by Welgemoed Kunstefees is terug en hierdie jaar bring dit weer insigte, stories én soet verleiding!
LET WEL: Die kaartjies vir die volle Boek en Koek-geleentheid is ongelukkig uitverkoop. Daar is wel kaartjies beskikbaar indien jy slegs na Antjie Krog se praatjie wil luister. Die koste beloop R75.
Skrywer en digter Antjie Krog gesels met Iris Bester oor haar diep persoonlike roman Binnerym van bloed, wat grense tussen genres verskuif en die verhouding met haar skrywersma, Dot Serfontein, ondersoek. Daar wag ook ’n voorsmakie van haar komende kleuterverseboek!
Sluit aan vir 'n oggend van woorde en warmte!