Bankserv is experiencing card payment issues. Please choose an alternative payment method at checkout.
Anna-Mart is ’n noodeenheid-spesialis en is nie bang vir harde werk nie. Dis immers ál hoe sy uit die armoede van haar en haar twee broers se enkelma-huishouding kon ontsnap en haar droom om ’n dokter te word, kon verwesenlik. Louise Tredoux is Anna-Mart se boesemvriendin en ’n onkoloog wat in wetenskap en niks anders glo nie. En dan is daar Rentia le Roux, die geskeide sielkundige met twee kinders. Kom die romantiese geskenke wat sy skielik kry van die aantreklike kardioloog Dr Marloux Pienaar? En is daar enigsins ’n toekoms vir haar met ’n man soos Marloux? Veral nadat sy een oggend met ’n verblindende hoofpyn in ’n vreemde plek wakker word ...
Riaan Grobler is ’n bekende omroeper by PretoriaFM, sanger, akteur en TV-aanbieder. Die eerste van sy sewe albums het in 2006 die lig gesien ná sy deelname aan Supersterre. Riaan vervaardig ook televisieprogramme en het 'Die Groot Ontbyt' aangebied. Riaan woon deesdae in Pretoria en sy debuutroman, die gewilde blitsverkoper 'Geheime op Philadelphia', het baie lof ingepalm.
Uitgewer / Publisher: Lapa Uitgewers
Met / With: Riaan Grobler, Ilse de Korte
Taal / Language: Afrikaans
Tydsduur / Duration: 60 min