Bankserv is experiencing card payment issues. Please choose an alternative payment method at checkout.

Merang

About

Merang is ’n versamelbundel van nuwe Afrikaanse gedigte. Die bundeltitel beklemtoon die idee van feesviering, want “merang” beteken “fees” en behoort tot die leksikon van Kaapse Moesliemafrikaans. Dis ’n kopknik aan die eeufeesviering van Afrikaans se amptelike status, loop verder terug as 1925, en is as’t ware ‘n inventaris van hoe en waaroor hedendaagse Afrikaanse digters dig. Selde is ‘n versameling so representatief van verskillende style, poëtiese tegnieke en tematiese wêrelde soos die liefde, verlies, nostalgie, die natuurlike omgewing, plant- en dierspesies, sosiopolitieke kwessies, kunstenaarskap en tegnologie.

Neil Cochrane behaal grade in uitgewerswese en Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria, en ‘n nagraadse kwalifikasie in onderrigtegnologie aan die University of Maryland University College (UMUC). Hy doseer Afrikaanse letterkunde aan Unisa en is ’n ervare boekresensent.

Alwyn Roux is ’n digter, literatuurwetenskaplike en dosent aan Unisa. Sy debuutbundel, 'Weerskyn' (2024), verken herinnering, afwesigheid en weerkaatsing deur beeld en klank. Hy is voorsitter van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) en stigter van Samespraak. Sy navorsing fokus onder meer op interkulturele uitwisseling tussen Afrikaans en Nederlands.

Uitgewer / Publisher: Naledi Uitgewers

Met / With: Neil Cochrane, Elizabeth van Rensburg

Taal / Language: Afrikaans

Tydsduur / Duration: 60 min

Venue

ATKV Boeke-oase (Hoofsaal)  Location on Google Maps

Merang

Wednesday 16 Jul 2025 14:00

R40