Die uitvaart

Die uitvaart

About

Is ons werklik voorbereid op die dood ? Bekende misdaadskrywer Carla van der Spuy het die wetenskaplike, sielkundige, emosionele en praktiese reëlings rondom die dood ondersoek en met talle betrokkenes gesels – onder andere predikante, onkologiesusters en begrafnisondernemers; ook met ’n forensiese patoloog wat al meer as 10 000 outopsies uitgevoer het. ’n Doodsdoulah verduidelik wat haar werk behels, vrywilligers gesels oor hoe hulle ouers van stilgeboortes op ’n unieke manier bystaan, en die verskil tussen bystanddood en die onttrekking en weerhouding van lewensondersteunende behandeling word in-diepte bespreek.

Carla van der Spuy is 'n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer en het al agt boeke geskryf (meestal waremisdaad-niefiksie) waarvan verskeie topverkopers was en in Engels vertaal is. Haar vorige boeke sluit in: 'Mens of monster' (2012), 'Plaasmoorde' (2014), 'Bloed op haar hande' (2015), 'Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff was my ma' en 'Liefde agter tralies' (2019).

Uitgewer / Publisher: Protea Boekhuis

Met / With: Carla van der Spuy, Yolanda Barnard Lemmer

Taal / Language: Afrikaans

Tydsduur / Duration: 60 min

More Info

Venue

Social