Die samekoms van drie kunstenaars, drie uiteenlopende stemme, drie persoonlikhede – in een produksie op een verhoog: Drie van die Bestes! Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl in hierdie vertoning – van pop, tot ballades en ligte klassieke musiek – is dit veral hul a capella- en samesang wat van hulle ’n gedugte kombinasie maak. In hierdie uitvoering span hulle ook kragte saam met die bekende pianis en musiekregisseur Johan Kelber vir ’n ongelooflike musikale reis!
Nie ‘n debuut nie / Not a debut
Genre: Kontemporêre musiek / Contemporary music
Sangers / Vocalists: Mathys Roets, Danie Niehaus, Germandt Geldenhuys
Pianis / Pianist: Johan Kelber
Tydsduur / Running time: 70 min
Aanbevole ouderdom / Age suitability: Alle ouderdomme / All ages
Taal / Languages: Afrikaans, Engels, Italiaans / English, Italian