Psst! Kan jy ’n geheim hou? En wat as die geheim lei tot nog ’n geheim en nog ’n geheim en nog ’n geheim? Hierdie holderstebolder avontuur stel laerskoolleerders bekend aan die verskillende genres wat ons op die teaterverhoog kry. Aan die stuur van sake is die bekroonde operaster en aktrise Lynnelle Kenned, en die akteur Eldon van der Merwe. Vol stories, grappe, kwinkslae, waardevolle inligting en ’n danspassie of twee, ontdek hulle saam met die gehoor die wonderwêreld van opera, toneel, ballet, kontemporêre dans en ‘n hele filharmoniese orkes! Kom ons ontwikkel ons gehore van môre sodat hulle weer en weer sal terugkom vir nog ’n geheim of twee.
Duration 45min
No Interval
Kindly note Artscape provides wheelchair seating. You can book directly via this website but should you require assistance please call Artscape Dial-a-Seat on 021 421 76 95 who will assist with navigation and booking.