Soos laas tydens die opgewondenheid van Musiek en Liriek-in die sewentigs is Jannie net met sy kitaar op die verhoog. Dié program is 'n keur uit die talle liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het - 'n verrassend wye verskeidenheid van meer en minder bekende liedjies waarin vrolikheid en nostalgie afgewissel word. Sy liedkuns word deur die jare gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos 'N LIEDJIE VIR JOU van 1978 al bewys het, lê daardie woorde en akkoorde ook lekker op die "gewone" oor.
Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek en die gaste bederf met ‘n heerlike tuisgemaakte ete!
Ete: 17:00 (Ingesluit)
Vertoning: 19:00
Kontantkroeg beskikbaar.