‘n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidable kragte vir die heel eerste keer in hierdie debuut saam. Hulle word op die verhoog deur Suid-Afrika se kitaar-maestro, Mauritz Lotz, bygestaan. Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades.