In dié verhoogweergawe van die gewilde kykNET-kuierprogram Koppieteefontein met Jak de Priester as onderhoudvoerder kuier die Karoo-kruiekenner Antoinette Pienaar saam. Beleef dié twee kunstenaars deur musiek, stories, voordrag en ’n gesprek. Word weggevoer deur Antoinette se unieke uitkyk op die lewe en haar pragtige stem wanneer sy voordra en vertel en Jak voor die klavier inskuif met liedjies oor die lewe, die liefde en die Karoo.