Hosting an event? Click here to find out more about listing your event.

Ver van hier – Anna Davel

Ver van hier – Anna Davel

Ver van hier – Anna Davel

24 Jul 2024 18:00

About

As ‘n musikant reis mens die land en soms die wêreld vol. Parktykeer in Besigheidsklas op ‘n oorsese vlug of dalk in luukse toerbusse met aircon; ander dae is dit weer stowwerige road trips, grondpaaie en kronkelpaaie. Never a dull moment. Uit elke avontuur word daar ‘n song of ‘n storie gebore. Kom geniet musiekhoogtepunte met ‘n verskeidenheid so reg in Anna se styl; ‘n program van oorspronklike musiek uit haar eie pen en meer bekende liedjies oor onverwagse lewensreise. Die gehoor kan uitsien na liedjies wat sy opgeneem het die afgelope 20 en splinternuwe musiek spesiaal gesoek in diep vergete laaie.

Vir die eerste keer saam met haar op die verhoog is Graeme Lees op kitaar.

Oor meer as 20 jaar het Anna Davel haarself gevestig as ‘n Suid Afrikaanse sanger- liedjieskrywer van formaat, met 9 hoogaangeskrewe albums agter haar naam. Hoogtepunte sluit in: 4 SAMA nominasies en een SAMA toekenning (2006) vir Beste Afrikaanse kontemporêre album asook nominasies vir verskeie ander gesogte nasionale nominasies en toekennings (Geraas, Ghoema, Kanna, Woordtrofee, Tempo etc.). Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek, die gaste bederf met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ‘n glas wyn! Ons het onlangs wonderlike nuwe onderdak ruimtes bygevoeg by die teater om te verseker dat ons tydens die reënerige, koue dae wat voorlê ook ‘n warm, droeë en huislike atmosfeer vir ons gehore en kunstenaars kan bied.

Kom geniet die vertoning as deel van Drostdy Teater se Winterfeesprogram! Ons gaan die kaggel in ons “Upstage Lounge” aansteek, die gaste bederf met heerlike tuisgemaakte etes en natuurlik ‘n glas wyn! Ons het onlangs wonderlike nuwe onderdak ruimtes bygevoeg by die teater om te verseker dat ons tydens die reënerige, koue dae wat voorlê ook ‘n warm, droeë en huislike atmosfeer vir ons gehore en kunstenaars kan bied. ‘n Heerlike Wintergereg met ‘n glas pas-rooiwyn is hierby ingesluit.

Dinner from 18:00
Show at 20:15

Venue


Ver van hier – Anna Davel