Click here to view the latest Smart Shopper Deals

Die Akademiereeks oor Hertzogpryswenners

Die Akademiereeks oor Hertzogpryswenners

Die Akademiereeks oor Hertzogpryswenners

03 Oct 2022 16:00

About

Hierdie gesprek word gevoer oor 'n nuwe reeks huldigingspublikasies wat uitgegee word deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Dit handel oor vorige wenners van die mees gesaghebbende letterkundeprys in Suid-Afrika, die Hertzogprys. Ander toekennings mag 'n veel groter geldwaarde hê, maar 'n skrywer se literêr-historiese status staan en val by die Hertzogprys. In die gesprek sal die reeks belig word aan die hand van enkele afsonderlike dele en sal vrae gestel word soos of daar al groot flaters met die toekenning van die prys was en op watter aspekte van die betrokke skrywers die boeke (en afsonderlike bydraers) fokus.

This conversation revolves around a series of publications by the South African Academy for Science and Arts featuring commendations of winners of the most prestigious literary prize in South Africa, the Hertzog Prize. Although other prizes may have more monetary worth, an author’s literary-historical status stands and falls by the Hertzog Prize. The conversation sheds light on the series by examining separate sections; asking questions like if a mistake has ever been made in the awarding of this prize; and on which aspects of the authors involved does the series (and individual contributors) focus.

Met Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld, llse de Korte
Taal Afrikaans
Tydsduur 60 min

Venue


Die Akademiereeks oor Hertzogpryswenners