Sing Sussa Sing is ‘n 4-dag koekerasie van pure genot vir dames van alle ouderdomme. Dié saamsing, saamlag massakoorproduksie olv die bekroonde dirigent, Christo Burger, kulmineer tot ‘n kleurvolle teaterprduksie vir die hele gesin. Die stylvolle dames van ons massakoor saam met musikante, Werner Spies (Bas), Peter Auret (Tromme & Perkussie), Juan Floors Oosthuizen (Kitaar), Gerrit Koorsen (Tjello), en Janine Neethling (Klawers), hou konsert met uitmuntende musiekverwerkings deur musikale regisseur Janine Neethling. Die aand word afgerond deur ons eie, Suid-Afrika se geliefde aktrise en comédienne, Marion Holm.
Age restriction: No u4yrs